Edinburg

Edinburg
Edinburgh | Dùn Èideann

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK) Vlag van Skotland Skotland
 Koördinate 55°56′58″N 03°09′37″W / 55.94944°N 3.16028°W / 55.94944; -3.16028
 Stigting 7de eeu
 Stadstatus 1889
 Oppervlakte:  
 - Totaal 259 vk km
 Hoogte bo seevlak 41 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 506 520[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 828/vk km
 Tydsone GMT / UTC+0
 - Somertyd BST / UTC+1
 Lord Provost Frank Ross (SNP)
 Amptelike webwerf www.edinburgh.gov.uk

Edinburg (Engels: Edinburgh, uitgespreek [ˈɛdɪnb(ə)rə], ; Skots-Gaelies: Dùn Èideann, [ˈt̪uːn ˈeːtʲən̪ˠ]; Skots: Edinburgh) is die hoofstad en tweede grootste stad van Skotland (naas Glasgow) met 'n bevolking van 506 520 in 2020. Edinburg is die sewende grootste stad in die Verenigde Koninkryk en sy tweede belangrikste toeristebestemming na Londen met sowat 13 miljoen besoekers per jaar.

Uitsig oor Edinburg se Old Town
Princes Street Gardens is 'n openbare park langs Edinburg se hoofwinkelstraat, Princes Street
Princes Street
Edinburg se kasteel
Straattoneel in Edinburg se Old Town

Edinburg lê aan die ooskus van Skotland se sentrale vlakte en aan die suidoewer van die Firth of Forth, net wes van die Noordsee. Die stad vorm saam met die omliggende plattelandse gebiede die City of Edinburgh council area. Edinburg dien sedert 1437 as die hoofstad van Skotland en is die setel van die outonome Skotse regering en parlement. Edinburg was een van die sentrums van die Skotse Verligting, waarby die Universiteit van Edinburg 'n belangrike rol gespeel het.

Vanweë sy neo-klassieke boustyl het Edinburg reeds in die 19de eeu die bynaam "Athene van die Noorde" gekry. Die distrikte Old Town – die historiese stadskern – en New Town – 'n nuwe stadswyk wat in die tweede helfte van die 18de eeu ontstaan het om welgestelde burgers te huisves – is deur Unesco in 1995 as wêrelderfenisgebiede gelys.

  1. (en) City of Edinburgh Factsheet Geargiveer 15 September 2013 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search